On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

VS polisie vat veediewe vas

───   17:01 Fri, 17 Jan 2014

Dirk Kok - Die polisie in die Vrystaat het verskeie slae teen veediewe geslaan.
Twee vermeende veediewe van Bloemfontein is agter tralies nadat 'n sedan met twaalf skape in buite die stad van die pad gedwing is. Dié skape is glo op ’n plaas by Edenburg gesteel.
By Theunissen is nege mense in hegtenis geneem wat glo 90 gesteelde beeste op vragmotors wou laai.
In die Oos-Vrystaat is nege vermeende veediewe vas ná die diefstalle van skape en beeste op plase by Kestell en in Qwaqwa.
Twee Bloemfonteiners wat vermoedelik lede is van 'n veediefstalsindikaat, Albert Tshefu (55) en Lawrence Diba (39), het ook weer in die hof verskyn.
Dié sindikaat word verdink van die diefstal van honderde skape langs hoofpaaie tussen Bloemfontein en buurdorpe.
Een van hul slagoffers was regter Fouché Jordaan op wie se plaas, by Glen buite Bloemfontein, 14 stoetooie en nog vier ooie van altesaam R80 000 keelaf gesny en gesteel is.
Polisiewoordvoerder Harry Nagel sê die polisie sal voorgaan om veediefstal met mening hok te slaan.
 
 
Lees die nuusberig oor die vier vermeende diewe en die twaalf skape in die Ford Telstar by http://www.ofm.co.za/article/140898/Twaalf-skape-in-vermeende-diewe-se-sedan-geprop.
 
 
 

Podcasts

Harry Nagel:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.