On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Sol Plaatje Universiteit glo deur probleme met infrastruktuur en administrasie geteister

───   08:23 Sat, 18 Jan 2014

Kimberley - Probleme met infrastruktuur en administrasie het die begin van die akademiese jaar by die nuwe Sol Plaatje Universiteit in Kimberley vertraag.
 
Klasse sou op 10 Februarie begin, maar dit is tot 17 Februarie uitgestel.
 
Bouwerk aan twee van die hoofgeboue is nog nie voltooi nie. Daar is ook steeds vrae oor die beskikbaarheid van verblyf.
 
Die waarnemende hoof van die universiteit, Professor Yunus Ballim sê hulle het oorspronklik beplan om die akademiese jaar op die 17de te begin, maar het toe probeer om die proses te versnel om vroeër te begin.
 
Hy sê daar is verskeie redes waarom hulle die aanvang van klasse moes uitstel.
 
Hoewel slegs 60 studente sover geregistreer is om by die universiteit te studeer, is die bestuur vol hoop dat 'n totaal van 135 studente vir die 2014 akademiese jaar sal inskryf.
 
SABC 

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.