On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Selfs sterk boere moet in droogte hul vee slag

───   16:13 Mon, 20 Jan 2014

Dirk Kok - Die hoobestuurder van Agri-Noordwes, Boeta du Toit, sê selfs van die provinsie se grootste en ekonomies sterkste veeboere word deur die droogte ondergekry.
By Tosca gaan een van Noordwes se grootste veeboere, soos van die kleiner boere, vee moet begin slag as dit nie binne die volgende paar dae reën nie.
Du Toit sê terwyl die regering se ramphulpskema in die provinsie eers weens probleme tot stilstand geruk het, is die hulp van die Suid-Afrikaanse publiek oorweldigend.
Altesaam 65 vragte geskenkte voer van 35 ton elk is reeds onder boere versprei.
Wes-Kaaps boere en dié provinsie se regering het ook ingespring en sowat 'n duisend ton hulpvoer is vir boere in die droë Noordwes en die Noord-Kaap ingesamel. Transnet het gratis treinvervoer gegee.
 


Podcasts

Boeta du Toit:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.