On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Kommer oor derde van ramphulp in tenderaars se sakke beland

───   16:18 Mon, 20 Jan 2014

Die DA se skaduminister van landbou, Annette Steyn, sê ná 'n besoek aan die droogtegeteisterde Noordwes sy is bekommerd oor die groot deel van die regering se ramphulp wat ingesluk word deur die tenderraars wat hulpvoer aan boere moet verskaf.
Steyn sê  'n gesloer om die hulpvoer by boere te kry, wek ook kommer.
Sy sê die DA sal in die parlement vrae oor die hele tenderproses vra. Intussen gaan dié party ondersoek instel of daar nie nog hulpgeld vir die droë Noordwes en ook vir die droë dele in die Vrystaat en Noord-Kaap beskikbaar gestel kan word nie.
Sy sê alternatiewe hulp van regerinskant af, soos voer wat gratis deur Transnet uit die Wes-Kaap na Noordwes vervoer wor, en rabatte aan vervoerkontrakteurs, moet ook dringend oorweeg word om boere te help.

Podcasts

Annette Steyn:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.