On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

'Mangaung se beskuldiging teen boere is verdigsel'

───   09:16 Fri, 31 Jan 2014

Dirk Kok - Toe die water in Bloemfontein se krane vandeesweek opgedroog het, het boere die skuld gekry. Die Mangaung-metro het gesê die groot rede vir die krisis is boere wat water steel. Die DA-LP David Ross sê op ’n vergadering wat hy en die DA se Vrystaatse leier, Patricia Kopane, gister met die departement van waterwese gehou het, het die departement gesê hierdie beskuldiging teen boere is 'n verdigsel. Die departement het die probleme toegeskryf aan probleme soos ou infrastruktuur, swak bestuur, vaardigheidstekorte en onwettige wateraansluitings. Die droogte vererger die probleme. Ross het aan Before Dawn gesê hierdie onwaar beskuldiging teen boere is onaanvaarbaar.
Ross sê die Vrystaatse hoof van waterwese, Nteliso Ntili, is gevra om in te gryp om die watervoorsieningsprobleme in talle Vrystaatse dorpe en stede te help oplos. Die aanstelling van bevoegde ingenieurs in munisipaliteite is onder meer bepleit.

Podcasts

David Ross:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.