On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

'Nuwelingboere is in die steek gelaat'

───   14:05 Wed, 05 Mar 2014

Dirk Kok
 
Bothaville - Graan SA se bestuurslid Thabo Macholo sê die regering het nuwelingboere in die steek gelaat deur nie weer geld van die herkapitaliseringsprojek vir grondhervorming aan Graan SA te bewillig nie.
 
Graan SA het verlede jaar 141 nuwelingboere op 70 000 ha in die Vrystaat, Noordwes, die Oos-Kaap en Kwazulu-Natal ondersteun met R200 miljoen wat van die regering ontvang is.
 
Geld hiervoor is nie weer toegeken nie en die boere kan nie vanjaar ondersteun word nie.
 
Macholo, 'n boer van Harrismith, het op Graan SA se kongres gesê die regering moet weet dit is nie Graan SA wat hierdeur benadeel word nie, maar die nuwelingboere.
 
Graan SA se president, Louw Steytler, het gesê terwyl daar juis gefokus moet word op suksesvolle grondhervorming en werkskepping word hierdie nuwelingboere se hoop as't ware vertrap.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.