On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

GWK/OVK samesmeltingsplan van die baan

───   06:56 Thu, 06 Mar 2014

Dirk Kok

Die landboumaatskappy GWK, met sy hoofkantoor op Douglas in die Noord-Kaap, en OVK, op Ladybrand in die Oos-Vrystaat, gaan nie meer saamsmelt nie.
GWK het sy aandeelhouers gister ingelig die samesmeltingsplan is van die baan.
 
Die maatskappy se finansiële direkteur, Johann Klopper, sê in 'n kennisgewing aan die aandeelhouers dié besluit is op grond van die waardasies geneem.
 
Dit is nie moontlik vir GWK en OVK om as gelyke maatskappye saam te smelt nie.
 
Dié besluit is geneem nadat die waardasies deur PriceWaterhouseCoopers aan die twee maatskappye se direksies voorgelê is.
 
Klopper sê GWK se direksie en hoofbestuur het reeds ander geleenthede vir groei geïdentifiseer.
 
GWK is in die proses om 'n nuwe besturende direkteur aan te stel.
 
Nadat Johan van Dyk middel verlede jaar as besturende direkteur uitgetree het, het GWK besluit om die aanstelling van 'n nuwe direkteur eers op die ys te plaas hangende die moontlike samesmelting.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.