On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Du Preez: EVV sal in die verkiesing 10% steun kry

───   15:54 Thu, 06 Mar 2014

Dirk Kok
 
Bothaville - Die politieke kommentator en skrywer Max du Preez sê parlementêre setels vir Julius Malema en sy EVV gaan groter stabiliteit en kalmte in die land beteken en nie tot ernstige probleme lei soos wat baie mense verwag nie. 
 
Du Preez het op Graan SA se kongres, op Nampopark buite Bothaville, gesê hy verwag Malema se EVV sal in die verkiesing 10% steun of meer kry.
 
Die EVV begin reeds toegee dat van sy uitsprake populisties en onprakties is.
 
In die parlement sal EVV-lede onderworpe wees aan die struktuur en reëls en meer gematig móét wees.
 
Du Preez sê aan die ander kant sal oproermakers in townships en plakkerskampe nie meer nodig hê om af te brand nie, omdat hulle ook in die land se hoogste instelling verteenwoordig word.

Graan SA se kongres het gister begin en eindig vandag.


Podcasts

Max du Preez :

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.