On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Steytler: Almal moet hul deel doen

───   16:08 Thu, 06 Mar 2014

Dirk Kok
 
 
Bothaville - Graan SA se president, Louw Steytler, sê dit is nie slegs boere en landbou-organisasies wat hulle moet beywer vir sinvolle en werkbare grondhervorming in die land nie.
Almal in die hele voedselwaardeketting moet hul deel doen.
 
Steytler het op Graan SA se kongres, op Nampopark buite Bothaville, gesê as grondhervorming misluk, is voedselsekuriteit daarmee heen.
 
Alle Suid-Afrikaners sal daaronder ly.
 
Daarom is ’n nuwe benadering en groter samewerking nodig.

Steytler en Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, het gesê in die Landbou-eenheidsforum, Asuf, is reeds konsensus tussen uiteenlopende rolspelers oor verskeie kwessies wat die landbou raak.
 
Dit gee die landbousektor ’n sterker stem in gesprekke en onderhandelings met die regering.


Podcasts

Louw Steytler:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.