On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Human Interest

SA teater glansryk gevier met Naledi-teatertoekennings

───   08:52 Tue, 18 Mar 2014

Johannesburg - Die 11de jaarlikse Naledi Teatertoekenningsgeleentheid is gisteraand by Gold Reef City in Johannesburg gehou.
Die teaterproduksie "Mies Julie" het drie toekennings verower, vir beste mansakteur in 'n hoofrol, gewen deur Bongile Mantsai, beste regisseur gewen deur Yael Farber en beste produksie van 'n toneelstuk.
 
"Jersey Boys" het beste produksie van 'n musiekblyspel gewen. Nog wenners gisteraand was Vinette Ebrahim vir "My Naam is Ellen Pakkies".
 
Lizz Meiring, die skrywer en regisseur van die stuk het die Uitvoerende Direkteurstoekenning ontvang vir haar rol in die bewusmaking van geweld teen vroue.
 
Die eerbewys vir lewenslange bydrae is deur die voorsitter van Naledi, Dali Tambo, aan Mbongeni Ngema oorhandig vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Ngema het onder meer die bekende Suid-Afrikaanse film, Sarafina, vervaardig wat internasionaal roem verwerf het.
 
Sapa

More from Human Interest

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.