On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Wolproduksie weer op pad na 50 miljoen kilogram

───   16:36 Tue, 18 Mar 2014

Dirk Kok - Die Nasionale Wolkwekersvereniging se Vrystaatse voorsitter, Le Roux Fourie, sê die land se jaarlikse wolproduksie sal na verwaging weer tot 50 miljoen kilogram styg, nadat dit 10 jaar gelede 'n laagtepunt van 40 miljoen kilogram bereik het. Hy sê wol word as't ware weer deur die wêreld ontdek en al hoe meer gebruik.
China is steeds die grootste koper en koop 60% van Suid-Afrika se skeersel. Die Tsjeggiese Republiek koop 20% van die skeersel nadat sy aankope met 16% gestyg het. Met die Europese ekonomie wat stadig aan die herstel is, het Italië se aankope van goeie gehalte wol vir die eksklusiewe mark met 52% toegeneem.
Egipte se aankope het met 59% gestyg nadat die Duitse Schneider-groep 'n wolverwerkingsaanleg in dié land opgerig het. Die wolprys gaan na verwagting goed bly.
Fourie is een van die sprekers op die Vrystaatse NWKV en Rooivleisprodusente-organisasie se streekvergaderings. Die laaste vergadering word môre-oggend om 09:00 op die Philippolis-skouterrein gehou.

Podcasts

Le Roux Fourie:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.