On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Wêreld se eierboere vat hande in stryd teen honger

───   16:54 Thu, 03 Apr 2014

Wêreld se eierboere vat hande in stryd teen honger | News Article
Dirk Kok - Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, SAPA, is deel van 'n nuwe internasionale stigting om wanvoeding in ontwikkelende lande te beveg.
Die nuwe Internasionale Eierstigting, die IEF, wat op die Internasionale Eierkommissie se konferensie in Wene bekend gestel is, wil met verhoogde eierproduksie help in die stryd teen honger. Die IEF wil saam met die VN se voedsel-en-landbou-organisasie, ander hulporganisasies, universiteite en eiermaatskappye geld en raad gee om eierproduksie in ontwikkelende lande te verhoog.
SAPA se uitvoerende hoof, Kevin Lovell, het vanmiddag uit Oostenryk aan OFM-nuus gesê Suid-Afrika het reeds voor die bekendstelling van die stigting betrokke geraak by 'n aksie om nege lande in Suider-Afrika te betrek.
SAPA gaan in Junie, op die jaarlikse groot pluimveehandelskou, AVI Africa in Johannesburg, sy betrokkenheid by dié hulpverleningstigting uitbrei.
Volgens die VN se voedsel-en-landbou-organisasie is 870 miljoen mense in die wêreld chronies honger. Altesaam 171 miljoen kinders onder vyf jaar ly aan wanvoeding.

Podcasts

Kevin Lovell:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.