On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Boere moet nie bedruk raak, maar help met oplossings'

───   17:07 Thu, 03 Apr 2014

Dirk Kok - Vrystaat Landbou se president, Dan Kriek, sê boere moet hulle nie laat vertel die staat misluk en die einde van private eiendomsreg het aangebreek nie.
Hy het met jong boere op die jaarlikse VL-Jongboerdag in Bloemfontein gesels oor die hewige debat oor moontlike grondonteiening deur die regering. Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge het gesê die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings sal onder meer saam met die Grondwethof-uitspraak oor minerale regte die regering in staat stel om grond sonder vergoeding te onteien.
Kriek het aan die jong boere gesê dit gaan nie gebeur nie. Eiendomsreg is in die Grondwet verskans. Daarmee saam verskaf 20% van die land se boere in hierdie stadium 80% van die kos. Daar is 'n toekoms vir alle boere om die land se mense te voed.
Kriek het gesê jong boere moet hulle nie laat onderkry deur die swaar landboudebatte nie, maar moet ook weet hulle gaan deel móét wees van die oplossings.



Podcasts

Dan Kriek:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.