On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys

───   06:19 Fri, 04 Apr 2014

Dirk Kok
Bloemfontein - Die 35-jarige Boeboe Louw, van die plaas Bloudrif by Wesselsbron, is gisteraand in Bloemfontein as Vrystaat Landbou se jongboerkomitee en Standard Bank se Jongboer van die Jaar aangewys.
 
Louw en sy vrou, Annelize, boer met mielies, koring, lusern, sonneblom, skaap, en veldbees. Daarmee saam is hy 'n spuit- en stroopkontrakteur en bou hy die werktuie vir sy boerdery self.
 
Die beoordelaars sê hulle is onder meer beïndruk deur sy netjiese boerdery, sy betrokkenheid by georganiseerde landbou en die goeie verhouding tussen hom en sy werkers.
 
Louw se raad aan ander jong boere is om voluit te boer en oplossings vir probleme te kry.

Die ander finaliste was Christof Botha, van Ladybrand, en AJ van Rooyen, van Clocolan.

Podcasts

Boeboe Louw:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.