On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Grondvoorstelle mag retoriek wees, maar georganiseerde landbou maak reg vir geveg

───   16:51 Mon, 07 Apr 2014

Dirk Kok - Vrystaat-Landbou se Henk Vermeulen sê die organisasie sal, indien dit nodig word, hom saam met boere en ander rolspelers tot die Grondwethof wend teen die omstrede beleidsvoorstelle van die grondhervormingsminister Gugile Nkwinti. Daarvolgens sal boere tot 50% van hul grond aan plaaswerkers moet afstaan.
Vermeulen sê die voorstelle is niks anders as voorgestelde onteiening nie en is onrealisties en onprakties.
Hy sê die vermoede is dat dit verkiesingsretoriek is, maar VL staal hom om die deurvoering daarvan te beveg. Die deurvoering daarvan sal landbou in duie laat stort.
Agri-Noordwes se Boeta du Toit en Agri-Noord-Kaap se Johan van Rensburg het, soos Vermeulen, gesê die beleidsvoorstelle is belaglik.
Luister môre-oggend tussen 04:00 en 06:00 op OFM se Before Dawn na VL se Henk Vermeulen oor hierdie kwessie. 

Podcasts

Henk Vermeulen:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.