On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Jaarlikse wildveiling hierdie naweek in Willem Pretorius-wildtuin

───   14:00 Wed, 09 Apr 2014

Dirk Kok - Altesaam 866 stuks wild en 88 jagpakkette kom Vrydag en Saterdag onder die hamer op die Vrystaatse departement van toerisme en omgewingsake se 29ste jaarlikse wildveiling in die Willem Pretorius-wildtuin by Senekal. Dié departement se Kgotso Tau sê Vrydagmiddag om 14:00 word 47 trofeejagpakette en 41 gewone jagpakkette, vir die jag van 816 diere in agt van die provinsie se reservate, opgeveil. Die jagdiere sluit buffels, Kaapse bergsebras en swartwitpense in.
Saterdagoggend om 11:00 kom meer as 800 stuks wild in 130 pakkette onder die hamer. Dit sluit onder meer buffels, Kaapse bergsebras, vlaktesebras, swartwitpense, swartwildebeeste en twee kameelperde in.
Tau sê die Vrystaat se wild word hoog aangeskryf en die veiling lok kopers van oor die land heen.
Die besonderhede oor die veiling en katalogus is op http://auctionet.co.za/index.php?ap=1&pid=36402 beskikbaar.



Podcasts

Kgotso Tau:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.