On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

AfriSake sê nee vir grondplan; Cosatu se Tony sê ja

───   17:08 Wed, 09 Apr 2014

Dirk Kok - Terwyl die sakeregtewaghond AfriSake sakelui en organisasies wil mobiliseer teen die grondhervormingsminister Gugile Nkwinti se voorgestelde grondverdelingsbeleidstukke, het Cosatu in die Wes-Kaap gesê die minister se plan, dat boere tot die helfte van hul grond aan plaaswerkers moet afstaan, is 'n stap in die regte rigting.
AfriSake se Cornelius Jansen van Rensburg noem die voorstelle 'n grondroofplan. Hy sê indien dit deurgevoer word, sal die res van die land se sakelui en eiendomsbesitters tweede in die ry wees om eiendom en bates te moet afstaan.
Hierteenoor sê Cosatu in die Wes-Kaap se Tony Ehrenreich dit is, in die lig van vyandigheid tussen boere en plaaswerkers, die diefstal van grond in die land en die afsetting van 2 miljoen plaaswerkers sedert 1994, 'n stap in die regte rigting.
Vrystaat Landbou se Henk Vermeulen het vroeër in die week soos AfriSake gesê die beleidsvoorstelle raak nie net boere nie.
Hy het gesê 'n saamstaanaksie soos nog nooit gaan nodig wees om private eiendsomsreg te beskerm indien die regering erns maak om dié beleid deur te voer.

Podcasts

Cornelius Jansen van Vuuren:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.