On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Melkeryprojek al hoe meer omstrede, sê DA

───   17:03 Fri, 11 Apr 2014

Dirk Kok - Die DA in die Vrystaat sê die provinsiale regering se multimiljoenrandse melkeryprojek in Vrede word al hoe meer omstrede. DA-LPW Roy Jankielsohn sê die Indiese suiwelmaatskappy Paras ontken nou dat hy enigsins by die projek betrokke is.
Aanvanklik is gesê Paras is deel van die projek.
Dit laat die maatskappy Estina as die enigste private vennoot met 'n aandeel van 49%.
Dit blyk Estina het geen ondervinding in die suiwelbedryf nie.
Jankielsohn sê Estina baat by die R342 miljoen wat deur die regering in die projek ingepomp word.
Estina is veronderstel om R238 miljoen tot die projek by te dra, maar dit is onseker wanneer dit gaan gebeur. Jankielsohn sê dit blyk die provinsie se landboudepartement en premierskantoor se kontrak is opgestel om Estina te bevoordeel.
Slegs Estina en sowat 100 begunstigdes, oor wie daar ook vrae is, gaan voordeel trek.
Jankielsohn sê die DA wag op die ondersoekverslae en bevindings van die nasionale tesourie en Openbare Beskermer in die Vrystaat. Strafregtelike klagte sal daarna oorweeg word.
Die landboudepartement het ná weke steeds nie OFM se vrae oor die projek beantwoord nie.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.