On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

VL, Agri-NW betreur Asuf-voorsitter se skielike dood

───   16:52 Mon, 14 Apr 2014

Dirk Kok - Vrystaat Landbou en Agri-Noordwes sê hulle betreur die skielike dood van Ntombi Msimang, voorsitter van die Landbousektor-eenheidsforum (Asuf).
Msimang, wat vroeër met tafeldruiwe by Brits geboer het, is gisteraand laat vermoedelik aan 'n hartaanval in haar huis in Midrand oorlede.
VL en Agri-Noordwes se presidente, Dan Kriek en Cor Janse van Vuuren, sê sy het 'n belangrike leiersrol gespeel in 'n ontstuimige tyd in die landbou. Sy het haar goed van haar taak gekwyt en sal gemis word in die landbou.
Msimang, wat op 'n plaas in Swaziland grootgeword het, het as rekeningkundige vroeër vir verskeie landboumaatskappye in Suider-Afrika gewerk. Tot haar dood het sy 'n maatskappy bedryf wat opkomende boere met die verkryging van finansiering en boerdery-advies ondersteun het.
Sy het verskeie leierposisies in die landbou beklee.
In 2012, toe Asuf in die tyd van die plaaswerkerstakings in die lewe geroep is, is sy gevra om in die bestuur te dien en is sy tot leier verkies.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.