On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

World News

Meer as 70 mense dood in bomontploffing in Nigerië

───   17:07 Mon, 14 Apr 2014

Abuja - Meer as 70 mense is dood in twee bomontploffings by 'n bushalte op die buitewyke van Nigerië se hoofstad, Abuja.

 
Die ontploffings het vanoggend gebeur terwyl pendelaars besig was om met busse en taxi's werk toe ry. Ooggetuies sê die gebied rondom die ontploffings was besaai met lyke.
 
Die Boko Haram Islamitiese militante groep word van die ontploffings verdink, aangesien hulle voorheen aanvalle in Abuja uitgevoer het.
 
Abbas Idris, hoof van Abaju se Noodverligtingsagentskap sê 71 mense is tot dusver dood verklaar en 124 is beseer.
 
Polisiewoordvoerder Frank Mba sê 16 luukse busse en 24 minibusse is in die aanvalle verwoes. Die ontploffings het 'n gat in 'n parkeerterrein 16 km vanaf die middestad geruk en meer as 30 voertuie beskadig.
 
BBC

More from World News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.