On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Groot planne om Kimberley op te ruim

───   17:49 Tue, 15 Apr 2014

Christopher Motabogi
Kimberley - Die Sol Plaatje-munisipaliteit het vandag gesê hulle is vasbeslote om die agteruitgang van Kimberley se middestad, hoofsaaklik as gevolg van rommelstrooiing, stop te sit.
 
Uitvoerende burgemeester, David Molusi, sê 900 mense is deur die munisipaliteit aangestel om snags die stad skoon te maak. Die projek kos die munisipaliteit 8 miljoen rand. Hy sê die stadsraad het ook die Adopt-a-Street/Adopt-a-Pavement-veldtog goedgekeur, wat behels dat bykomende asblikke en vullisverwyderingsvragmotors aangeskaf word.
 
Molusi sê egter ook dat behuising in die Sol Plaatje-munisipaliteit 'n groot kopseer bly.
Molusi, wat onlangs as burgemeester aangestel is, sê 'n groot infrastruktuurontwikkelingsprojek, wat daarop gemik is om waterprobleme in die stad op te los, sal ook teen die einde van die jaar afgehandel wees.
 
'n Proses om verouderde pype te identifiseer en stelselmatig te vervang sal ook in die volgende finansiële jaar begin.

Podcasts

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.