On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Agco en Standard Bank onderteken mylpaalooreenkoms

───   13:49 Wed, 16 Apr 2014

Dirk Kok
 
Johannesburg - Die internasionale trekker- en werktuigvervaardiger Agco, wat die afgelope halfeeu onder meer in Afrika bekend geword het vir sy Massey Ferguson-trekkers, en Standard Bank Suid-Afrika het ’n ooreenkoms onderteken vir die finansiering van Agco-toerusting in die land.
Agco se besturende direkteur in Afrika, Nuradin Osmans, sê hierdie is die eerste van verskeie sulke ooreenkomste wat dié landbougroep, met sy hoofkantoor in Amerika, in Afrika wil sluit.
 
Agco beplan ook om boere en handelaars op die vasteland op te lei in die jongste landboutegnologie. Standard Bank se Steven Barker sê samewerking soos hierdie bevorder verhoudings met regerings, buitelandse beleggers en skenkers om landbou in Afrika te verbeter.
 
 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.