On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Verkragting van minderjarige leerling in ernstige lig beskou

───   16:55 Wed, 16 Apr 2014

Christal-Lize Muller
Bloemfontein - Die Vrystaatse onderwysdepartement beskou die beweerde verkragting van ‘n minderjarige leerling van ‘n laerskool in Bloemfontein deur ‘n onderwyser by dié skool in ‘n ernstige lig.
 
Woordvoerder van die department, Howard Ndaba, sê die departement was nie bewus daarvan dat die 27-jarige onderwyser vandeesweek in hegtenis geneem is nie. 
 
Die man het vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof op ‘n aanklag van verkragting verskyn. Volgens die polisie het die beweerde verkragting tussen Junie verlede jaar en Februarie vanjaar plaasgevind.

Ndaba sê sodra die departement in sy ondersoek die nodige inligting verkry het kan die leerkrag moontlik spoedig geskors word.

Podcasts

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.