On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Olie-aanleg in Villiers geopen

───   17:07 Wed, 16 Apr 2014

Olie-aanleg in Villiers geopen | News Article
Dirk Kok - FreeState Oil se olieverwerkingsaanleg van sowat R200 miljoen in Villiers is vanmiddag amptelik geopen. Landbou-LUR Mamiki Qabathe het op die opening gesê dié aanleg stel 'n voorbeeld in die Vrystaat waar heeltemal te min landbouprodukte plaaslik verwerk word.
Die aanleg is 'n vennootskap tussen die landboumaatskappy VKB, Sealike Industries, wat die land se naasgrootste olieverpakker is, en Chris van der Merwe, voormalige uitvoerende hoof van Nola.
Van der Merwe, uitvoerende hoof van FreeState Oil, sê die aanleg kan sowat 200 000 ton sojabona per jaar verwerk en vervaardig sojameel vir die braaikuiken- en varkbedryf asook kookolie.
Hy sê aanleg verwerk op funksionele kapasiteit sowat 150 000 ton sojameel. In 'n ekonomie waarin Suid-Afrika jaarliks 'n miljoen ton soja-oliemeel moet invoer, spaar hierdie aanleg die land 'n miljard rand aan kapitaal wat uitvloei.



Podcasts

Chris van der Merwe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.