World News
Bykans 300 mense steeds vermis nadat veerboot sink─── 07:20 Thu, 17 Apr 2014
Incheon - Nooddienste is steeds besig om te soek na amper 300 mense wat vermis word nadat 'n veerboot aan die kus van Suid-Korea gesink het.
Daar was meer as 470 passasiers aan boord. Owerhede sê 179 mense is reeds gered. Die meeste van die passasiers aan boord was leerlinge en onderwysers van dieselfde skool, wat op 'n uitstappie was.
Spreiligte is oornag gebruik om mense uit die water te haal. Nege mense is reeds dood verklaar met dosyne wat beseer is.
Die boot was vanaf Incheon-hawe na die eiland Jeju onderweg.
BBC