On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Naam van polisiebeampte wat by stasie doodgeskiet is bekend

───   13:19 Thu, 17 Apr 2014

Stellenbosch - Die polisiebeampte van die Wes-Kaap wat Woensdagaand omstreeks 22:30 by die Klapmuts-polisiestasie buite Stellenbosch doodgeskiet is terwyl hy aan diens was, se naam is bekendgemaak.
“Ao. Steven Brits (44) is tydens 'n vermeende rooftog by die polisiestasie doodgeskiet,” het André Traut, 'n polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Brits is deur 'n onbekende aantal mans oorval en doodgeskiet. Sover vasgestel kan word, word 'n vuurwapen vermis.

Die provinsiale polisiekommissaris, Arno Lamoer, sal na verwagting later die dag die media by die polisiestasie toespreek.
 
Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.