On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Sol Kerzner bedank

───   13:51 Thu, 17 Apr 2014

Kaapstad - Die “koning van Sun City”, Sol Kerzner, het vandeesweek sy familie-aandele in Kerzner International Holdings, wat hy 20 jaar gelede gestig het, aan 'n Dubaise beleggingsmaatskappy verkoop.

Die webwerf Sacommercialpropnews.co.za het Donderdag berig Kerzner, wat nou 78 jaar oud is, het bedank, maar is nog nie gereed om af te tree nie.

Die hotelmagnaat het oor die afgelope 20 jaar sedert hy tot die gasvryheidsindustrie toegetree het, ontwikkel tot 'n globale reus in die industrie wat sommige van die wêreld se bekendste gasvryheidshandelsmerke ontwikkel het.
 
Van sy bekende hotelgroepe sluit Southern Sun en Sun International in.

Kerzner, wat tans in Londen woon, het gesê hy gaan nou 'n kantoor in die metropool oopmaak en konsultasiewerk doen.

“Dit is die einde van een hoofstuk. Ek is 'n bietjie ouer en kan skaars begryp wat ek alles in die afgelope 50 jaar vermag het, maar ek is nie gereed om af te tree nie,” het hy in 'n onderhoud met Londen’s Mayfair gesê.
 
Maroela Media 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.