On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Geloofwaardigheid van Oscar-getuie verder onder verdenking

───   14:53 Thu, 17 Apr 2014

Pretoria - Die geloofwaardigheid van die verdediging se derde getuie in die Oscar Pistorius moordverhoor is verder deur die staatsaanklaer Gerrie Nel onder verdenking geplaas.
 
Die geoloog Roger Dixon het verskeie tekortkominge in sy getuienis erken. Hy het erken dat hy nooit Pistorius se kunsbene en die wit sokkies, wat hy die aand van Reeva Steenkamp se dood aangehad het, gesien het totdat hy begin getuig het nie.
 
Hy het vir die hof vertel dat hy net ‘n gedeelte daarvan ontvang het en dat hy verder slegs op foto’s van die bewysstukke staat gemaak het. Nel wou toe weet wanneer presies Dixon die klein stukkie van ‘n kunsbeen ontvang het, maar hy het gesê dit staan in sy verslag wat hy nie voor hom het nie.
 
Nel het vir hom ‘n afsrkif van sy verslag gegee maar hy kon steeds nie die datum vind nie.
 
Dixon het verder erken dat hy nooit die trajek van die koeëls gedurende ‘n toets probeer vasstel het nie.
 
Hy wou glo net die impak van die splinters vasstel nadat koëels ‘n houtdeur binnegedring het.
 
Maryke Vermaak het meer detail oor nóg getuienis van Dixon waarop Nel verdenking geplaas het.

Nel het sy kruisondervraging van Dixon afgehandel, en die saak het verdaag tot 5 Mei.
 
Jacaranda 94.2 

Podcasts

Maryke Vermaak :

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.