On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Leerder op bus skool toe vermoor

───   16:07 Thu, 17 Apr 2014

Groot Brak - 'n Skoolleerling van die Wes-Kaap is Donderdagoggend op 'n bus op pad skool toe met 'n mes doodgesteek.

Malcolm Pojie, 'n polisiewoordvoerder, het gesê Joseph Isaacs (15) het by Jonkersberg op 'n skoolbus geklim en was op pad na Hoërskool Groot Brak toe die voorval plaasgevind het.

“Volgens ooggetuies het die slagoffer en 'n ander 15-jarige seun oor 'n sitplek in die bus baklei. Die ander tiener het Isaacs daarna met 'n mes in die bors gesteek,” het Pojie gesê.

Isaacs is met 'n ambulans na 'n hospitaal in George geneem waar hy aan sy besering beswyk het.

Die ander seun is ná die voorval in hegtenis geneem nadat ooggetuies hom aan die polisie uitgewys het.

Die verdagte word by die Groot Brakrivier-polisiestasie aangehou en moet Dinsdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
 
Maroela Media 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.