On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

LUR Komphela doen beroep op motoriste

───   08:40 Sat, 19 Apr 2014

Bloemfontein - Vrystaatse vervoer LUR Butana Komphela het 'n beroep op motoriste gedoen om padreëls te gehoorsaam.
 
Hy't ook gevra dat insittendes sitplekgordels dra, bestuurders nie op soliede sperstrepe verbysteek nie, die spoedgrens respekteer, en om te sorg dat hul voertuie padwaardig is. Gister is ses mense dood in botsings die Vrystaat.
 
Gistermiddag het drie mense gesterf toe 'n bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het naby Fouriesburg.
 
Nog drie mense is gisteraand buite Bloemfontein dood in 'n trompop botsing.
 
Die minister van vervoer, Dipuo Peters het ook by motoriste gepleit om die Paasnaweek verantwoordelik op te tree om 'n slagting op die land se paaie te verhoed.
 
Dertig mense is reeds dood en meer as 50 beseer sedert die begin van die Paasnaweek.  Die meeste sterftes het tot dusver in die Vrystaat en Limpopo voorgekom.
 
- OFM Nuus/Sapa

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.