On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Hulpfonds gestig vir platinumgordel

───   17:07 Sun, 20 Apr 2014

Solidariteit Helpende Hand het 'n rampfonds gestig om gesinne in die platinumgordel by te staan.
 
Uitvoerende hoof Danie Brink sê dié organisasie het reeds R100 000 tot die fonds bygedra en begin om die ergste nood, soos voeding vir babas, te verlig.
 
Volgens Solidariteit uitvoerende hoof Flip Buys verloor werkers en kontrakteurs wat nie staak nie sedert Januarie maandeliks reeds tussen 50% en 100% van hul inkomste.
 
Die organisasie het vandag die Rustenburg, Brits en Mooinooi-omgewing tot ? gedeeltelike rampgebied verklaar vanweë die staking by platinummyne wat drie maande gelede begin het.
 
Intussen het Rapport ook vandag berig dat kleinhandelaars en voedselverspreiders ’n dramatiese insinking in die koopkrag in plattelandse gebiede in die armoedige Oos-Kaap ervaar.
 
Meer as 60% van die sowat 80-duisend stakende platinumwerkers is trekarbeiders uit die armste dele van die Oos-Kaap, Lesotho en in mindere mate KwaZulu-Natal.
 
Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral Foods, een van die land se grootste verspreiders van braaihoender, sê verkope in die Rustenburg-omgewing, waar hy die markleier is, het met tussen 30% en 40% gedaal.
 
Vir meer inligting oor die hulpfonds besoek www.staaknie.co.za.
 
OFN Nuus/Rapport

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.