On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Jannie Moolman haal self asem

───   13:39 Tue, 22 Apr 2014

Johannesburg - Jannie Moolman reageer steeds goed op behandeling.
 
Die geliefde sanger se woordvoerder, Barnard Beukman, sê in 'n verklaring dat hy gister van die kunsmatige asemhalingsmasjien ontkoppel is en dat hy gemaklik self asem haal. Medikasie waarmee hy in ‘n geïnduseerde koma gehou is, is ook reeds gestaak.

Beukman sê vanoggend het hy nog grootliks geslaap en die verwagting is dat hy nou geleidelik sy bewussyn sal begin herwin. Hy is steeds in die trauma-eenheid.

Sy nabye familie en vriende het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor die talle wense van beterskap op sosiale media en wat ook van elders ontvang word.

 
Verklaring verskaf 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.