On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

SAPD moet kolonel wat korrupsie ontbloot skuif na soortgelyke pos en vergoed

───   13:47 Tue, 22 Apr 2014

Johannesburg - Kolonel Kobus Roos moet ontplooi word na 'n soortgelyke pos in misdaadintelligensie as die pos wat hy voor die beskermde bekendmaking gevul het. Regter Robert Lagrange het ook vanoggend in die Johannesburgse arbeidshof beveel dat vergoeding van vier maande se salaris aan Roos toegeken word.
 
Solidariteit se Johan Kruger sê die hof het verder beveel dat Roos voorkeur moet geniet wanneer hy aansoek vir 'n pos of bevordering in misdaadintelligensie doen.
 
Kruger sê die SAPD is beveel om Solidariteit se regskoste te betaal. Roos, met 26 jaar diens in die SAPD, werk tans in die inspeksie- en evalueringsafdeling van misdaadintelligensie. Die afdeling was nooit funksioneel nie en is tans geskrap.
 
Roos is deur Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, na dié afdeling verskuif nadat hy in ? beskermde bekendmaking bewerings en bewyse van korrupsie in misdaadintelligensie blootgelê het. Roos het voorheen as hoof in die interne-ouditafdeling van misdaadintelligensie waargeneem en was onder meer verantwoordelik vir oudits van die sogenaamde rekening vir geheime dienste.
 
Mdluli het Roos onder meer aangestel om dié rekening te ondersoek; die ondersoek later weer stopgesit en Roos daarna verskuif na die pos wat hy tans beklee.
 
Verklaring verskaf





More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.