On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Tweevley-aanvaller verskyn eers Woensdag

───   14:52 Tue, 22 Apr 2014

Tweevley-aanvaller verskyn eers Woensdag | News Article
Christal-Lize Muller

Harrismith - ‘n Plaaswerker van die gasteplaas, Tweevley by Harrismith, wat weens die moord op ‘n egpaar van Durban asook ‘n aanval op ‘n tweede egpaar in hegtenis geneem is, verskyn eers môre in die plaaslike landdroshof.
 
Oos-Vrystaatse polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê die 32-jarige verdagte is Sondagaand in hegtenis geneem nadat hy Brian Pope (62) en sy vrou Tillie (46) na bewering in hul bed doodgeskiet het. Die verdagte word ook aangekla van poging tot moord.
 
Hy word daarvan verdink dat hy Brian se seun uit ‘n vorige huwelik, Warren, en sy vrou Marlene, vermoedelik met ‘n tuinvurk aangeval het.

Volgens Mophiring is geen ander verdagtes in hegtenis geneem nie. Intussen is die beseerde egpaar van Johannesburg in ‘n stabiele toestand in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem.
 
Warren is in sy bors gesteek en sy vrou in die arm geskiet en in haar gesig gesteek.

Podcasts

Mmako Mophiring:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.