On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Nkandla-verslag: DA wil spertyd vir ad hoc-komitee verskuif

───   06:23 Wed, 23 Apr 2014

Nkandla-verslag: DA wil spertyd vir ad hoc-komitee verskuif | News Article
Pretoria - Die DA gaan vir meer tyd vra vir die parlementêre ad hoc-komitee wat verskeie verslae rakende die Nkandla-verslag moet bekyk.
 
Die verslae sluit in dié van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, die Spesiale Ondersoekeenheid en die aanvanklike reaksie van President Jacob Zuma op Madonsela se verslag.
 
Die ad hoc-komitee is nog nie bekend gemaak nie, hoewel die spertyd vir die voltooiing van sy werk op 30 April is.
 
Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko sê die komitee het meer tyd nodig om sy werk behoorlik te kan doen.
 
Sy sê sy gaan daarom vra dat die spertyd na 5 Mei verskuif word.
 
Die ANC het gister sy sewe name vir die komitee bekendgemaak.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.