On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Man skiet vrou, dogter (4), pleeg selfmoord

───   09:22 Wed, 23 Apr 2014

Thabong - 'n Vrystaatse man het glo Maandagaand sy vrou en dogter (4) doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het. 

Mamello Mokhuoane, 'n polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het omstreeks middernag by die egpaar se huis in Thabong buite Welkom plaasgevind.
 
Mokhuoane het gesê volgens ooggetuies het die man, Teboho Tleru (53), sy vrou, Mathapelo (35), voor die huis gejaag voordat hy haar geskiet het.

Mathapelo se liggaam is buite die huis in die erf aangetref. Sy is drie keer geskiet.

Teboho is daarna in die huis in waar hy hul dogtertjie in haar bed doodgeskiet het.
 
Hy het daarna glo homself in die kop geskiet. 'n Vuurwapen was steeds in sy hand.
 
Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.
 
Die polisie doen 'n geregtelike doodsondersoek.
 
Sapa 

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.