On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

31 miljoen stembriewe reeds gedruk: OVK

───   08:39 Thu, 24 Apr 2014

Pretoria - Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê 31 miljoen stembriewe is reeds vir die verkiesing gedruk en dit word na verskeie punte in die land en in die buiteland versprei.
 
Dit is vandag 14 dae voor die land se vyfde demokratiese verkiesing plaasvind.
 
Meer as 200 000 OVK-personeel sal toesien dat die verkiesing vlot verloop.
 
Die OVK se adjunk-voorsitter, Terry Tselane sê hulle is reg vir die verkiesing en dat kundigheid wat oor jare opgebou is, weer aangewend is om te verseker dat voorbereidings doeltreffend en tydig afgehandel word.
 
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en geregistreer het, sowel as mense wat vir spesiale stemme geregistreer het, sal reeds op die vyfde en sesde Mei stem.
 
SAUK 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.