On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Oud-Noord-Kapenaar dood in Thailand aangetref

───   09:23 Thu, 24 Apr 2014

Christal-Lize Muller
 
Bloemfontein - 'n Jong Suid-Afrikaanse onderwyser in Thailand, oorspronklik van Colesberg in die Noord-Kaap, wat dood in 'n vakansie-oord in Bangkok gevind is, was 'n pragtige en sprankelende jong meisie.
Volsblad berig dat Ada Malherbe (31) se lyk reeds op 15 April deur personeel van die oord gekry is.
 
Dié oud-student van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus is na vermoede dood aan 'n hartaanval.
 
Die voormalige rektor van die eertydse Puk en voormalige burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit, Annette Combrink, sê sy was baie geskok oor die nuus dat die dogter van haar niggie, Ada (sr.) dood is.
 
Sy sê sy en haar kleinniggie Ada was na aan mekaar.

Combrink sê nog geen begrafnisreëlings is al getref nie omdat Ada se oorskot na Suid-Afrika gebring moet word.
 
Die Puk-koor waarvan Ada eens 'n lid was, is nou besig om geld in te samel om te help met die koste.

Podcasts

Annette Combrink:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.