On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

World News

Everest-ekspidisie gekanselleer

───   18:33 Thu, 24 Apr 2014

Napal - Die twee Suid-Afrikaanse bergklimmers, Sara Khumalo en Sibusiso Vilane, moet hul plan om Berg Everest te klim laat vaar. Khumalo sê dié seisoen se ekspidisie is vandag amptelik gekanselleer.
Hulle is tans saam met 19 ander klimmers by die basiskamp aan die voet van die hoogste berg in die wêreld. Khumalo het ten doel om die eerste swart vrou te word wat die berg se hoogste kruin bereik. Die ekspidisie is uitgestel nadat 16 sherpas verlede week in 'n ysstorting op dié berg gesterf het.
 
Khumalo sê hulle kan nou óf 'n ander piek klim, of terugkeer huis toe. Die waarskynlikheid is groot dat hulle 'n ander piek in die omgewing gaan aandurf, aangesien hulle reeds by die hoogte bo seespieel aangepas het.
 
Discovery People Operations se Liziwe Masoga sê hulle is vol vertroue dat Khumalo se liefdadigheidspoging sal voortgaan - al klim sy nie dié seisoen nie.

Sapa, Algoa FM






Podcasts

Liziwe Masoga:

More from World News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.