On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Malema verlaat lesingsaal ná toespraak ontwrig is

───   08:40 Fri, 25 Apr 2014

Durban - Die leier van die EFF, Julius Malema moes noodgedwonge 'n lesingsaal by die universiteit van KwaZulu-Natal in Durban verlaat toe studente wat die ANC ondersteun sy toespraak ontwrig het.
 
Malema was by die Howard Kollege-kampus as deel van sy eerste stemwerwingsbesoek aan die provinsie.
 
Die polisie en personeellede het probeer om die situasie te beheer, maar Malema moes op die ou-end sy ondersteuners buite die saal toespreek.
 
Malema het aan die skare gesê dat niemand vasbeslote soldate kan keer nie.
 
Hy het ook beweer dat sommige van die oproeriges deur die ANC gehuur is en moontlik nie eens aan die universiteit verbonde is nie.
 
Hy het benadruk dat die EFF die land se minerale hulpbronne wil nasionaliseer om gratis onderrig te befonds.
 
Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.