On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

National

Lyk aan elektrisiteitspaal gevind in Soweto

───   10:19 Fri, 25 Apr 2014

Soweto - Die liggaam van 'n 24-jarige man wat aan 'n elektrisiteitspaal vasgemaak is, is Vrydagoggend in Orlando-Oos in Soweto opgespoor.

“Een van die kinders het gesien die man staan by 'n paal,” het Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.
 
“Hy het vir sy ouers gaan vra wie dit is en hulle het bevind die man is opgehang.”

Sy hande was agter sy rug vasgebind en sy mond is met kleefband toegeplak. Een van die man se ore is afgesny.

Die polisie ondersoek 'n saak van moord.
 
“Ons het nog nie 'n verdagte nie,” het Makhubela gesê.
 
Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.