On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Graan SA kap Nkwinti-grondplan

───   16:46 Mon, 30 Jun 2014

Dirk Kok - Graan SA sê hy wil dit duidelik stel dat hy nié die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, se voorstel vir die oorhandiging van die helfte van plase aan plaaswerkers steun nie.
Graan SA se voorsitter, Louw Steytler, sê dit sal tot 'n koskrisis lei. Kosprys sal die hoogte inskiet en inflasie en rentekoerse sal styg. Ekonomiese groei sal verlangsaam en werkloosheid en armoede sal toeneem. Hoë kospryse en voedseltekorte lei ook tot politieke onstabiliteit en onrus. Suid-Afrika kan nie bekostig om enige welvaart te vernietig deur onverantwoordelike inmenging in die vryemark nie.
Graan SA steun grondhervorming wat voedselsekuriteit en politieke stabiliteit in stand sal hou.
Steytler sê gesprekke tussen alle rolspelers moet in erns begin om die land se vraagstukke en uitdagings op te los. 'n Mislukking om sinvolle oplossings te vind, sal die Suid-Afrikaanse samelewing in duie laat stort.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.