On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Senwes voel die droogte se knyptang

───   16:50 Wed, 02 Jul 2014

Dirk Kok - Senwes se besturende direkteur, Francois Strydom, sê die afgelope twee-en-'n-half jaar se droogte het sy klante benadeel en dit kan in die groep se wesensverdienste gesien word.
As gevolg van die droogte is 26% minder graan hanteer, maar die markaandeel in die graansilobesigheid het verhoog. Boere het minder bestee of besteding uitgestel. Die groep se omset was R11,5 miljard, wat 17% minder was as die vorige boekjaar. Die wins ná belasting was R251 miljoen, wat 18% minder is. Nietemin het die wins uit voortgesette bedrywighede met 4% tot R291 miljoen gegroei, hoofsaaklik te danke aan die goeie prestasie van die meganisasie- en kredietafdeling.
Strydom sê 'n hoogtepunt in die moeilike jaar was dat al die ondernemings wins gemaak het. Met die goeie mielie-oes word 'n beter jaar verwag.



Podcasts

Francois Strydom:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.