Agriculture
OVK maak grootste wins nog─── 15:53 Thu, 03 Jul 2014
Dirk Kok. - Terwyl ander landboumaatskappye die knyptang van die droogte gevoel het, het OVK die grootste wins nog in sy bestaan gemaak.
OVK, met sy hoofkantoor in Ladybrand, se omset het met 28% tot 4,57 miljard gegroei. Die wins voor belasting het met 27% tot R143 miljoen gegroei, nadat boere sowat R13 miljoen teruggekry het uit dié maatskappy se lojaliteitskema.
OVK kon die hoogste dividend in sy geskiedenis uitbetaal.
Boere se skuld aan die maatskappy het met R80 miljoen verminder en is aansienlik minder.
Besturende direkteur Stéfan Oberholzer sê die grootste sonneblom- en soja-oes nog in die Oos-Vrystaat asook die maatskappy se sakemodel het bygedra tot die sukses.
Stéfan Oberholzer: