On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

VN-vrou kry eregraad van UV-sentrum vir volhoubare landbou

───   16:08 Thu, 03 Jul 2014

Dirk Kok - Die Universiteit van die Vrystaat se sentrum vir volhoubare landbou, landelike ontwikkeling en voorligting, het vanoggend 'n landbouvoorligtingspesialis van die VN se voedsel-en-landbou-organisasie in Rome met 'n eredoktorsgraad vereer vir die opheffingswerk wat sy oor vastelande heen doen.
Die FAO se Magdalena Blum het vir 13 jaar lank in verskeie Afrika-lande gewoon en ontwikkelingswerk gedoen. Sy gee afstand-onderrig vir studente aan dié UV-sentrum en sê die eregraad van 'n Afrika-universiteit is vir haar 'n hoogtepunt.
Die direkteur van die sentrum, Izak Groenewald, sê Blum verdien hierdie eredoktorsgraad dubbel en dwars vir die waardevolle werk wat sy met ywer en passie doen.
Die sentrum vir volhoubare landbou is vanjaar 20 jaar oud en hierdie is die eerste eredoktorsgraad wat hy toeken. Altesaam 43 meestersgrade is vandag aan hoofsaaklik landbouvoorligters van Suid-Afrika en ander Afrika-lande toegeken.
 
 
 
Die FAO se Magdalena Blum by Izak Groenewald, direkteur van die sentrum vir volhoubare landbou, landelike ontwikkeling en voorligting. Foto: Dirk Kok

Podcasts

Magdalena Blum:

Izak Groenewald:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.