On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Samewerking tussen wit, swart boere bemoedig, sê amptenaar

───   17:34 Wed, 09 Jul 2014

Dirk Kok. - Die Vrystaatse premierskantoor en landboudepartement se Sandlana Smit sê die uitstekende samewerking van wit en swart boere, in die landboumaatskappy VKB en vennote se ontwikkeling- en grondhervormingsprojekte vir nuwe landbouers in die Oos-Vrystaat, is vir hom verblydend.
Smit was deel van 'n groep besoekers aan projekte van VKB en die private sektor asook 'n projek van die regering en dié landboumaatskappy vir die vestiging van swart kommersiële boere.
Opkomende boere hier is vol lof vir VKB en sy vennote en vir hul mentor, die Rosendalse boer Francois Crause.
Smit sê dié besoek het vir hom duidelik gewys hoe wit en swart boere mekaar die hand kan gee.
VKB se bestuurder vir ontwikkelende landbou, Piet Potgieter, en die VKB-direkteur en president van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, het gesê die private sektor het gewys hy kan met sy kundigheid suksesvolle boere help vestig en grondhervorming dryf. Die regering behoort die private sektor te vertrou vir die uitbreiding van sulke projekte.

Podcasts

Sandlana Smit:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.