On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Mamiki kap kritici van Vrede-melkeryprojek

───   16:52 Thu, 10 Jul 2014

Mamiki kap kritici van Vrede-melkeryprojek | News Article
Dirk Kok. - Vrystaatse landbou-LUR Mamiki Qabathe sê sy sal haar nie van stryk laat bring deur kritiek en teenkanting teen die Vrede-melkeryprojek nie.
Haar departement sal voortgaan met ondersteuning aan die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie wat dié projek oorgeneem het.
Sy het gisteraand in die wetgewerdebat oor die landboubegroting gesê teenkanting en kritiek kom van wit melkkonglomerate vir wie swart eienaarskap in die suiwelbedryf ’n bedreiging is.
Qabathe het gesê die Vrede-melkery lewer reeds melk en kaas en 'n tweede ontwikkelingsfase, wat vir 100 mense werk gee, het afgeskop.
Opposisieleier Roy Jankielsohn het gesê belastingbetalers is met dié projek gemelk, met buitensporige besteding en moontlike ongerymdhede.
Vrae word gevra oor die volhoubaarheid van die melkery.
LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane, het gesê hierdie melkeryprojek gaan nog miljoene rande se wins maak.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.