On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

LUR pak skuld vir grondmislukkings op boere

───   16:58 Thu, 10 Jul 2014

Dirk Kok. - Vrystaatse landbou-LUR Mamiki Qabathe het in die wetgewerdebat oor die landboubegroting die skuld vir stadige grondoordrag en -hervorming op wit boere geplaas.
Sy het gesê sommige wittes besit landbougrond net om daarmee te spog en ander omskep grond waarop kos geproduseer moet word in wildsplase. Wit boere jaag grondpryse met miljoene rande op wanneer hulle hoor die regering wil dit koop. Die meeste wit boere wat gevra is om mentors te wees vir opkomende swart boere, kul en besteel die nuwe boere.
Die VF+ se Wouter Wessels sê Qabathe se uitlatings is onverantwoordelik en onaanvaarbaar. Hy sê sy veralgemeen. Sonder kommersiële boere sal die land en die Vrystaat ten gronde gaan. Landbou en alle boere moet gekoester word. Wessels sê opkomende boere moet doeltreffend gehelp word om kommersiële landbouers te word.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.