On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Nerpo sê hy is geskok oor Thandi Modise se varke

───   16:00 Fri, 11 Jul 2014

Nerpo sê hy is geskok oor Thandi Modise se varke | News Article
Dirk Kok. - Die organisasie vir opkomende rooivleisprodusente NERPO sê hy is geskok oor die voorval waarin op honger en dors varke en varkvrektes afgekom is op die Noordwes-plaas van die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise.
NERPO se besturende direkteur, Aggrey Mahanjana, sê daar is vrae te vra oor hoe so iets kan gebeur op die plaas van 'n leier wat 'n voorbeeld moet stel.
Mahanjana sê die hulp wat die Noordwes-landboudepartement nou aan Modise beloof het, kan 'n verkeerde boodskap uitstuur. Noordwes-boere het gebuk gegaan onder 'n droogte waarin talle diere gevrek het. As die ramphulp aan boere in die provinsie nog nie afgehandel is nie, kan daar nie gespring word om Modise te help nie.
Mahanjana sê wat op Modise se plaas gebeur het, kon voorkom word. Dit is eerder iets wat kan gebeur met boere met min hulpbronne. Om sulke voorvalle te voorkom, moet boere onder meer by landbou-organisasies soos NERPO of by studiegroepe aansluit, waar hulle inligting en opleiding vir kleinboere kan ontvang.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.