On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri SA wil werklose vroue in NK bemagtig

───   17:32 Mon, 14 Jul 2014

Dirk Kok - Agri SA het vandag 'n opleiding-en-opheffingsprojek in die Noord-Kaap van stapel gestuur om vroue in die werkloosheidgeteisterde gebied tussen Keimoes en Kakamas in die Noord-Kaap te bemagtig om entrepreneurs te word en vir ander in hul gemeenskappe ook werk te skep.
Sowat 30 vroue gaan in die boervrou Delene Möller se bekroonde gemeenskapsbiblioteek op Friersdale sake-opleiding ontvan. AgriSETA, die gesagsliggaam vir opleiding in die landboubedryf, gee geld vir die projek.
Möller sê sy hoop hierdie projek kan 'n verskil maak in die mense tussen Keimoes en Kakamas se lewe. Sy hoop ook dit kan uitgebrei word na ander gemeenskappe en provinsies.
Möller se man, Johannes, boer by Kakamas en president van Agri SA, sê dié projek lê hom na aan die hart.
Hy sê plattelandse gemeenskappe is vir Agri SA belangrik en boere, plaaswerkers en vroue moet saamwerk vir 'n beter toekoms vir almal.

Podcasts

Delene Möller:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.